24 December 2010

Merry Christmas


This would be my last post for 2010...  Scary but true! It is Christmas Eve and I can't believe that the year has flown by so fast! I am looking forward to spending some quality time with my super awesome Jacques and the family.  I will be on (a well deserving) break till 17 January 2011 and will answer all e-mails as soon as I am back. 


Therefore I want to wish everybody a Blessed Christmas and a magical 2011!  I hope your 2011 will be as blessed as my 2010 was. Appreciate and enjoy the precious time you have with your loved ones!

Thanks for all your support and feedback. It is greatly appreciated!

Many love

Juanette
xxx

23 December 2010

Malinda en Jesaja - Pongola Counrty Lodge


Sjoe, ek weet nie eers waar om met hierdie troue te begin nie... Ek ken Jesaja al van Universiteitsdae toe ons dieselfde kursus studeer het en ook saam in dieselfde kerkswyk was. Al wat ek kan se is dat Jesaja 'n groot sport is en dat ons gedurig vir hom gelag het! So het hy een van my beste vriende op Varsity geword! Na Universiteit het hy vir 'n sending organisasie, FCE, begin werk en daar het hy vir Malinda ontmoet. Vir iemand wat redelik benoud begin raak het dat hy nie die regte meisie kon ontmoet nie, dink ek ons Hemelse Vader het vir hom 'n ding gewys deur hom in Afrika in te stuur, Zambie vir die nuuskieriges, sodat hy sy stukkie juweel, dis nou Malinda, kon ontmoet. Twee mense wat 'n passie het vir dieselfde werk!!

Hulle was eers vriende voordat hulle besef het dat daar iets spesiaals tussen hulle is en op hul eie vir God gevra of hierdie nou die trouman en trouvrou is voor hulle gebid het. Dit is bevestig op verskeie maniere en Jesaja het geweet hy kan haar maar vra om sy meisie te word. Omdat Malinda ook sekerheid gehad het kon sy met 'n geruste hart vir hom ja se. Nadat hulle vir twee jaar uitgegaan het, het hulle uiteindelik in die bos met 'n romantiese gedekte tafel, sjampanje en 'n pragtige ring verloof geraak. En alhoewel dit nie regtig beplan was vir Valentynsdag nie, het dit op daardie dag gebeur...eintlik so romanties as julle my vra!!

Terug na die dag wat ek en Soria, my second vir die troue, sak en pak die Vrydagoggend die pad aanpak Pongola toe en na amper 11 ure se ry aan omtrent 500 km was ons redelik uitgeput toe ons op Jesaja se pa se plaas opdaag. Daar het dit gevoel of ek by my eie ouerhuis aangekom het...die plaaslewe doen dit net vir my. Sy familie het ons so tuis laat voel dit het gevoel of ons saam ons eie familie kuier! Teen hierdie tyd het ek geweet dit is een spesiale troue!! En glo my as ek se dit was! Ek het elke oomblik saam met die tweetjies geniet en hoop dat die foto's 'n goeie weerspieeling is van wat hulle graag van hul spesiale dag sal wil onthou!

Malinda en Jesaja, ek glo, vertrou en bid dat julle huwelik ryklik geseen sal wees! Julle is baie spesiaal vir baie mense en ek voel so bevoorreg dat ek julle fotograaf kon wees! Baie dankie xxx

Soria, my assistentfotograaf, het 'n fantastiese werk gedoen en ek is dankbaar dat sy op die nippertjie ingestem het om saam my Pongola toe te gaan en haar gesinstyd op te gee! Baie dankie Soria!!













Kyk hoe kyk sy vir hom terwyl hy sy beloftes aan haar voorlees...



En hy vir haar...





Malinda het 'n Protea in haar ruiker gehad!  Awesome!!



Soria het hierdie een geneem en ek moes dit net wys!  Stunning!!










Hiehiehie!! Dink nie ek hoef enigiets te se nie...















Oe, oe, oe ek L-O-V-E hierdie kamera!!













Grimering: Celeste Strumpfer
Hare: Carmia (Cutting edge)
Rok: Annie P (Wedding dress creations)
Blomme: Mara van der Nist en Hester Delport
Koek: Cecilia Strumpfer