25 January 2011

Zulika - Matric farewell - Belvedere Estate, Midrand


Ek moet erken ek is vrek opgewonde om hierdie foto's te blog. Nie net omdat ek so lank gewag het om dit klaar te maak met die dat ek op verlof was oor die feesgety en so baie ander shoots tussenin gehad het nie, maar ook omdat ek Zulika ken al vandat sy 12 jaar is! Sy het van 'n jong meisie in 'n amazing jong dame verander.  Sy is so 'n pragtige mens van binne en buite en ek hoop ek kon dit vir haar vasvang in haar foto's! Sy het 'n natuurlike prag aan haar wat dit so lekker (en maklik) maak om van haar foto's te neem en ek sal enige tyd die hele dag saam haar kuier (en foto's neem...). Sy het van die mooiste oe wat ek al gesien het en ek dink dit dra nog meer by tot haar foto's! 
Ek dink as ek beautiful, mooi, stunning, awesome of amazing by elke foto van haar kon geskryf sou dit nogsteeds nie kon weergee hoe mooi sy vir my is nie!  Terwyl ek besig was om te edit het ek gereeld vir Jacques geroep en gevra of hy ook dink sy is mooi!  So twee van ons kan nie verkeerd wees nie...hiehie!


Haar ewe mooi sussie, Angelique, was my "assistent" vir die dag en ek moet se sy het 'n baie goeie werk gedoen met props ronddra en idees gee. O ja, en sy is die nar in die familie met al haar energie en het ons gereeld laat skaterlag!

Ons het die foto's by die stunning Belvedere Estate in Midrand geneem.

Zulika, jy is 'n pragtige mens en verseker een van my gunsteling! Ek wens jou sterkte toe vir die jaar wat voorle! Geniet jou foto's!! xxx

PS: Dis 'n lang blog post want ek kon regtig nie foto's kies nie...:-)



Haar kerel, wat ook haar metgesel was het saam ons kom foto's neem...




















Zulika en Angelique, my mooi "assistent" vir die dag!










 

 



  
 


So so beautiful!!




Ek love hierdie foto!!