26 November 2010

Anel en Francois - sneak peek...


At long last I can manage to post a sneak peek of the wedding of Anel and Francois I assisted Hannelie with at Casablanca Manor, just outside Pretoria on the N4... Working full time and being a photographer part time are challenging me this time of the year with all the year-end functions, personal family functions, weddings, second shooting for other wedding photographers and making arrangements for Christmas and New Year (can't believe I am talking about these as we still in March just the other day).  So hopefully this will satsify you until I can post the full wedding..:-)




18 November 2010

Bianca - Prinsessie van ons harte


Jacques se suster, Reinette, het vir ons almal van Durban af kom kuier en ons moes die meeste maak van die twee weke wat sy hier was. Tussen al die kuier deur het ek gereel dat ek bietjie vir Bianca, haar pragtige klein prinsessie van 7 en 'n half maande, kan afneem. Ek moet wel byvoeg dat sy so oulik is en hou van al die aandag wat sy kry dat ek dit eerder 'n modelfotosessie kan noem as 'n babafotosessie. Haar niggie het haar vermaak sodat ons al die blinkoog en groot glimlagte kon kry. Hier is net twee as voorsmakie van wat kom...


Reinette en Bianca...



Vanessa en Jaco - African Dreams Game Lodge, Swartruggens


Hierdie troue het op ‘n baie interessante manier vir my plaasgevind nadat ‘n baie goeie vriendin wat saam my werk my gevra het of ek beskikbaar is om haar kleinniggie se troue, wat op daardie stadium oor twee naweke sou wees, af te neem want die oorspronklike fotograaf moes op die nippertjie kanselleer. Dus het ek en Vanessa twee weke voor die troue begin kommunikeer en sommer dadelik gekliek. Ek het geweet hier kom ‘n ding, want sy is baie spontaan en het ‘n baie goeie humorsin. Sy het my vertel dat sy en Jaco op die Internet ontmoet het terwyl sy nog vir ‘n bank gewerk het en hy van die plaas was. Hy het haar terloops ingelig dat hy ook by die bank werk want hulle vat elke maand sy geld. Hy het sommer dadelik haar hart gesteel met sy skerp sin vir humor en daar het alles begin. Hulle het aanvanklik van mekaar gehou omdat hulle nie wou kinders hê of wou trou nie…! En nou is dit presies die teenoorgestelde! Hulle is getroud en het die twee pragtigste kinders! Hayley net so pittig soos ma Vanessa en klein Falie wat nes Pa Jaco lyk!


Hulle het vir so ‘n maand oor die Internet gesels toe hy uiteindelik vir haar kom kuier het, maar eers nadat sy hom moes bel en vra of hy nou gaan kom kuier of nie. Hy het daarna vir ‘n jaar lank elke naweek kom kuier. Teen Kersfees 2008 kon hy nie meer uithou nie en het haar toe sommer vir haar ‘n ring gegee sonder die verwagte “Sal jy met my trou?” vraag. Hy moes mooi verduidelik dat hy klaar haar pa gevra het en dat hy nie ‘n probleem het dat Jaco vir Vanessa gaan vra nie. Alhoewel Jaco voel hulle was al lankal getroud oor hulle so ‘n stunning verhouding het, het hulle gevoel hulle moet dit wettig maak, wat toe die 30ste Oktober gebeur het. Met al die stunning persoonlikhede en kinders saam, het ek baie lekker gelag – die hele dag!

Vanessa en Jaco (en Hayley wat dink ek was spesiaal net vir haar gereël daardie dag ), hoop julle geniet julle foto’s!

Vanessa se ander diensverskaffers was almal vriendinne en familielede wat ‘n handjie bygesit het om die dag ekstra spesiaal te maak!


Die liewe en opvreetbare Hayley!






Vanessa se oe het so pragtig gelyk...









 

 Ek het mos gese sy is opvreetbaar...:-)












 



En aangesien ek spesiaal net vir klein Hayley gereel was, kon sy maar met haar vuil mondjie en al by mamma en pappa kom staan het...:-)






















Baie dankie dat ek deel kon wees van jul spesiale dag! Ek het so tuis saam jul gevoel...xxx