18 November 2010

Vanessa en Jaco - African Dreams Game Lodge, Swartruggens


Hierdie troue het op ‘n baie interessante manier vir my plaasgevind nadat ‘n baie goeie vriendin wat saam my werk my gevra het of ek beskikbaar is om haar kleinniggie se troue, wat op daardie stadium oor twee naweke sou wees, af te neem want die oorspronklike fotograaf moes op die nippertjie kanselleer. Dus het ek en Vanessa twee weke voor die troue begin kommunikeer en sommer dadelik gekliek. Ek het geweet hier kom ‘n ding, want sy is baie spontaan en het ‘n baie goeie humorsin. Sy het my vertel dat sy en Jaco op die Internet ontmoet het terwyl sy nog vir ‘n bank gewerk het en hy van die plaas was. Hy het haar terloops ingelig dat hy ook by die bank werk want hulle vat elke maand sy geld. Hy het sommer dadelik haar hart gesteel met sy skerp sin vir humor en daar het alles begin. Hulle het aanvanklik van mekaar gehou omdat hulle nie wou kinders hê of wou trou nie…! En nou is dit presies die teenoorgestelde! Hulle is getroud en het die twee pragtigste kinders! Hayley net so pittig soos ma Vanessa en klein Falie wat nes Pa Jaco lyk!


Hulle het vir so ‘n maand oor die Internet gesels toe hy uiteindelik vir haar kom kuier het, maar eers nadat sy hom moes bel en vra of hy nou gaan kom kuier of nie. Hy het daarna vir ‘n jaar lank elke naweek kom kuier. Teen Kersfees 2008 kon hy nie meer uithou nie en het haar toe sommer vir haar ‘n ring gegee sonder die verwagte “Sal jy met my trou?” vraag. Hy moes mooi verduidelik dat hy klaar haar pa gevra het en dat hy nie ‘n probleem het dat Jaco vir Vanessa gaan vra nie. Alhoewel Jaco voel hulle was al lankal getroud oor hulle so ‘n stunning verhouding het, het hulle gevoel hulle moet dit wettig maak, wat toe die 30ste Oktober gebeur het. Met al die stunning persoonlikhede en kinders saam, het ek baie lekker gelag – die hele dag!

Vanessa en Jaco (en Hayley wat dink ek was spesiaal net vir haar gereël daardie dag ), hoop julle geniet julle foto’s!

Vanessa se ander diensverskaffers was almal vriendinne en familielede wat ‘n handjie bygesit het om die dag ekstra spesiaal te maak!


Die liewe en opvreetbare Hayley!






Vanessa se oe het so pragtig gelyk...









 

 Ek het mos gese sy is opvreetbaar...:-)












 



En aangesien ek spesiaal net vir klein Hayley gereel was, kon sy maar met haar vuil mondjie en al by mamma en pappa kom staan het...:-)






















Baie dankie dat ek deel kon wees van jul spesiale dag! Ek het so tuis saam jul gevoel...xxx



No comments:

Post a Comment