17 September 2010

Kiara en haar boetie - Rooitou speelpark


Hierdie is so paar foto's van 'n vriendin se jongste twee kinders en besig is nie die woord nie..:-)! Ek was veronderstel om net eers vir Kiara af te neem en nadat sy vir nie een oomblik stilgesit het nie, het ek aangebied om haar boetie af te neem sodat sy dalk ook sal stil staan vir 'n paar. Sy het net die hele tyd bly se dat sy nou klaar is en verder wil speel... Op die ou einde nadat sy amper van een van die klimrame afgeval het en haarself byna wou doodlag daaroor het ek 'n paar foto's gekry waar sy darem gelag het.






Kiara is 'n regte "daddy's little girl" omdat sy die enigste dogter en ook die jongste is...dus draai sy vir pappa om haar pinkie...:-)



En hier het ons amper afgeval..(en alhoewel ek reg was om my kamera te laat val net om haar te kan vang sodat sy nie moet seer kry nie), het dit darem veroorsaak dat ek hierdie stunning smile kry!!






No comments:

Post a Comment